~ Copyright www.jcnel.co.za - All rights reserved ~
Begin met karate gedurende 1982 op Vredendal by Sensei Willem van Zyl.

Vanaf 1984 help ek Sensei Willem van Zyl met afrigting en open my eie klasse op Citrusdal, Klawer en Clanwilliam.

Ek oefen vier keer per week, twee uur per dag en word een van die eerste studente wat binne twee jaar vorder tot swartgordelgradering (gewoonlik neem dit 5 jaar).  Tydens my swartgordelgradering besluit die keuringspaneel dat my standaard hoog genoeg is en hulle gradeer my tot 'n 1ste dan in die Goju Kai Karate styl.

1987 vorder ek tot 'n 2de Dan en in 1990 word ek bevorder tot 'n 3de Dan gradering.

Gedurende hierdie tydperk het ek in verskillende gewigsafdelings onderskeidelik as volg presteer:

1983:                Silwer medalje                W.P. Kampioenskappe

1984:                Goue medalje                W.P. Kampioen

1984:                Brons medalje                S.A. Kampioenskappe

1985:                Silwer medalje                W.P. Kampioenskappe

1985:                Goue medalje                S.A. Kampioen

1986:                Brons medalje                S.A. Kampioenskappe

1986:                Silwer trofee                W.P. Kampioenskappe

1987:                Geen deelname
                        as gevolg van
                        beserings

1988:                Brons medalje                W.P. Kampioenskappe

1989:                Silwer medalje                W.P. Kampioenskappe

1989:                Goue medalje                S.A. Kampioen

1990:                Goue medalje                W.P. Kampioen

1990:                Silwer medalje                S.A. Kampioenskappe

1991:                Goue medalje                W.P. Kampioen

1991:                Goue medalje                S.A. Kampioen

1991:        Word gekies vir Springbokspan en verteenwoordig Suid-Afrika teen Italië en neem ook deel aan die Europese Kampioenskappe.

1991:                Word gekies as Vredendal se Sportman van die jaar.

2005:        Word opgeneem in die Springbokspan en neem deel aan wêreldkampioenskap te Tokio, Japan in die volkontak ope afdeling vir veterane.  Verloor eerste geveg op skeidsregter beslissing 3 teen 2.

2005:        Word aangewys as die Weskus Sportforum se sportafrigter van die jaar.  Hierdeur kwalifiseer ek outomaties om deel te neem aan die Wes-Kaap Provinsiale uitdunne.  Hier tydens behaal ek 'n plek onder die top drie presteerders van die Wes-Kaap.

17 November 2006: 2de agtereenvolgende jaar deur Matzikama Streek as Sportafrigter van die jaar aangewys.

23 Februarie 2007: 2de agtereenvolgende jaar as Weskusstreek se Sportafrigter van die jaar aangewys.

16 Augustus 2007: 3de agtereenvolgende jaar deur Matzikama Streek as Sportafrigter van die jaar aangewys.

November 2007: Vertrek na Tokio Japan vir 'n oefenkamp, gradering vir 5de Dan en Wêreldkampioenskappe. Word aangewys as Springbok spanbestuurder.  Uit 65 lande word 52 persone aanbeveel vir bevordering vanaf 3de, 4de tot 5de dan.  Die gradering duur vyf en 'n half uur waartydens karateka's tot die uiterste toe getoets word t.o.v. stamina, deursettingsvermoë, balans en gevegstegnieke.  Vir 5de dan gradering moes ek aan 60 volkontak gevegte agtereenvolgend deelneem.

Ek het die gradering suksesvol geslaag en bevorder tot die rang van Shihan.

29 Februarie 2008: Departement Kultuursake en Sport van die Weskaap gee aan my 'n toekenning van tegniese voortreflikheid.

Tydens my afrigtingsjare vanaf 1984 het verskeie van my studente W.P. sowel as S.A. kampioenskappe verower.  Een van my studente het ook gevorder tot Junior Springbok en saam met my in Italië gaan deelneem.  Verskeie van my studente het al gekwalifiseer vir hul Provinsiale Kleure.

Gedurende 1992 skakel ons oor na die volkontak karate styl genaamd Kyokushinkai Kan Karate.  Vanaf 1994 neem ek al die klasse op Vredendal, tesame met Citrusdal, onder my leiding.

Julie 1996 word ek in die Kyokushin Karate styl deur Japan bevorder tot 'n derde Dan gradering.

Gedurende 2002 word ek aangestel as die Hoof van Kyokushin Karate Noord-Kaap.  My eerste student wat 'n 2de Dan gedurende Desember 2002 verwerf het, was Dawie Jonker.  Gedurende 2002 word Werner Coetzee en Dawie Jonker gekies vir die SA span om in Rusland te gaan deelneem.  Hierdie span het uit 10 lede oor die hele land bestaan.

Maart 2003 word ek aangestel as Branch Chief SA waarvan daar net 3 in SA is.  Madeli Basson is my tweede en eerste vroulike student wat in Desember 2003 bevorder is tot 2de Dan.

Julie 2004 word ek deur die Japannese paneel te Oudtshoorn tydens die SA Kampioenskappe gradeer tot 4de Dan.

April 2005:  Word Riaan en 8 van sy studente opgeneem in die SA Nasionale Springbokspan wat aan die Wêreldkampioenskappe Tokio, Japan gaan deelneem.  Neem deel in Ope, volkontak gevegsafdeling vir veterane en verloor 1ste geveg op 'n skeidsregter beslissing 3 teen 2.  Word ook as -Spanbestuurder aangewys.  Terwyl in Tokio- lê hy 'n Internasionale skeidsregter kursus suksesvol af.


SHIHAN RIAAN NEL - KARATE LOOPBAAN

Gradering in Japan
Kliek op die foto om meer foto's van Japan te sien.