Marene Louw:
~ in ±18 maande ~
1. Ly jy aan enige hartverwante risiko faktore, soos hoë bloeddruk, diabetes of hoë cholesterol?
2. Is jy oorgewig, gespanne en/of onaktief?
3. Is jou kind onaktief en oorgewig?
4. Rook jy?
5. Het jy vaskulêre probleme?
6. Het jy vantevore 'n hartaanval gehad of ervaar jy borskaspyn?
7. Is jy tans in die herstelfase na 'n hartomleiding of angioplastie/stent?
8. Het jy 'n longverwante siekte toestand?
9. Het jy nodig om jou spiere te versterk voor 'n groot operasie, bv. ortopediese/hart prosedure?
10. Het jy fisiese versterking nodig na chirurgie om sodoende ten volle te kan herstel?
11.Ervaar jy enige meganiese rugpyn, seer skouer of ander gewrig-/spierpyne?
12. Is jy swanger maar weet nie hoe om veilig te oefen nie?

Indien jy "JA" geantwoord het op enige van die vrae, het jy nodig
om sekere lewenstyl veranderinge aan te bring!

GIMNASIUM OEFENING KAN JOU ONDERSTEUN EN HELP IN DIE HERSTELPROSES!

Die volgende dienste is beskikbaar by die sentrum:
~ Programme word spesiaal ontwikkel rondom jou individuele behoeftes om sodoende optimale
    fisiese gesondheid te kan bereik.
~ Gesondheids- en fiksheidsevaluering
~ Meting van liggaamsvet, bloeddruk, ens.
~ Fikshiedsklasse vir die meer Fiksheidsbewuste
~ Gebalanseerde, gesonde voeding aanbevelings

Oefening is nie net bedoel om kalorieë te verbrand nie;  dit het 'n magdom ander voordele:
~ Oefening hou die liggaamsgewig in toom.
   Dit verhoog die hoeveelheid kalorie wat jou liggaam verbrand terwyl jy rus met sowat 10%.
   Jou metabolisme word met elke oefensessie opgejaag en bly tot ses uur daarna nog in dië
   verhoogde staat.
~ Oefening reguleer jou aptyt met gereelde oefening neem jou eetpatroon 'n gebalanseerde
   vorm aan.
~ Jy is minder buierig en ervaar gevolglik ook minder frustrasie en angs - emosies wat jou
   andersins onnodig na kos sou laat gryp het.
~ Dit verbeter jou bloedsirkulasie.
~ Oefening versterk die hard.  Jy kry die meeste kardiovaskulêre voordele uit oefeninge wanneer
    jy teen 60% tot 80% van jou maksimum polsslag oefen.  Anders gestel:  Moenie so hard oefen
    dat jy nie steeds 'n gesprek midde-in die sessie kan voer nie.
~ As jy te uitasem hiervoor is, is jy besig om jou liggaam te ooreis en nie
   jou hart teen sy optimale vermoë te laat werk nie.
~ Namate jy fikser word, neem jou bloeddruk af.
~ Ook jou bloedsuikervlak kan afneem.
~ Jy slaap soveel lekkerder ('n groot pluspunt vir die uwe).
~ Jy is energieker.
~ Die hormone wat tydens oefening afgeskei word (endorfiene), laat die
   liggaam ontspan en goed voel.
~ Dit versterk die skelet - veral stap en ander oefeninge waarin jou bene
   jou liggaamsgewig moet dra.
~ Oefening verbeter jou voorkoms en doen jou selfbeeld goed.
~ Dit verlig gewrigsprobleme en spierkampe.
USN Produkte is beskikbaar by
Matzikama Fiksheidsentrum.
Ons verkoop ook EVOX en T NUTRIENT produkte
~ Copyright www.jcnel.co.za - All rights reserved ~
Beualda Ouamba:
~ in 18 maande - 66.35kg verloor ~